J o e   B l o g

Johannesburg Events Weblog

Status: EventPostponed Attendance Mode: OfflineEventAttendanceMode

Music

The Barnyard Theatre Silverstar

Silverstar Casino
The Square at Silverstar Casino
R28
Muldersdrift
Mogale City
Krugersdorp
1740

Tel: 010 593 0744
      
Music

Silverstar Barnyard
23 May - (Sat) - 20:00
Price: R150

Meneer Volume, Karla Krimpelien, Hanepoot van Tonder en Piet Pers? Dis mos die Gereformeerde Blues Band!

Die Gereformeerde Blues Band was die musikale enjin agter Johannes Kerkorrel, en hulle enigste studio album 'Eet Kreef', pryk vandag in beide geskiedenisklasse en trotse plateversamelings. Gedurende die laat tagtiger-jare het hulle die saai Afrikaner musieklandskap geterroriseer met 'n nuwe ruk-en-rol gees, summier deur 'n verslae media gedoop as 'boerepunk'. Saam met Kerkorrel en ander verdagtes soos Koos Kombuis en Bernoldus Niemand, is die land gedurende die legendariese Voëlvry Toer oorkruis, en die jeug is meegesleur die toekoms in...

Laat die oorsproklike groep muskiante (en 'n paar trawante) u meevoer na 'n tydjie 30 jaar gelede, toe hul energie en anargie sentraal was tot 'n beweging wat (op die nippertjie) Suid-Afrika oor die drumpel, en 'n nuwe era binne gehelp het.

Die Gereformeerde Blues Band is ook trots om hul werk saam met kulturele baanbrekers van die dag voort te sit in 'n nuwe samewerking met een van die voorbokke in oorspronklike Afrikaanse musiek, woordenaar en rymkletser Churchil Naude. Churchil gee ons insig in sy unieke materiaal wat 'n vars uitkyk bied op die huidige "afrikaner" landskap. Die GBB kry verdere ondersteuning van Wasgoedlyners Riku en Jackie Lätti, asook die oorspronklike "Mr. Shifty Records" Lloyd Ross op baskitaar.

Sit dit aan! Sit dit aan!

Die Gereformeerde Blues Band is:

Sang: Tonia Selley (Karla Krimpelien)
Kitaar: Willem Möller (Mnr Volume)
Baskitaar: Gary Herselman (Piet Pers)
Dromme en tromboon: Jannie van Tonder (Hanepoot)
Die Trawante:

Rymklets: Churchil Naudè
Klawers: Kolonel Mostert (Riku Lätti)
Agtergrondsang: Bettie Blatjang (Jackie Lätti)
Baskitaar: Lloyd "Vyfster" Ross