J o e   B l o g

Johannesburg Events Weblog

Nataniël Gesels 2020 happening

Atterbury Teater

Located in Lynnwood Bridge Retail
4 Daventry Street
Lynnwood Manor
Pretoria
0081

Tel: 012 942 5951

      
Nataniël Gesels 2020

NATANIËL GESELS 2020

Vir die derde jaar word Nataniël se gewilde GESELS op Saterdagoggend 9 Mei by die Atterburyteater aangebied. En soos voorheen is hierdie jaar se GESELS splinternuut. Hy gesels met insig, deernis, humor en sonder vrees. Hy vertel stories, vermaak en verras. Plesierig, skreeusnaaks en roerend, NATANIËL GESELS 2020 is ’n unieke ervaring. Hy gesels oor weerstand en aanvaarding, skok en reaksie, ouderdom en verjonging, die wêreld wat is en die wêreld wat moet.

Vrae kan vooraf anoniem in 'n houer geplaas word, Nataniel beantwoord soveel as wat die tyd toelaat.

Kaalkopwinkel in die foyer.

Geen kinders onder 15.