Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 Sonja Heroldt & Tjokker (Kinderteater @ Die Centurion Teater)

Sonja Heroldt & Tjokker (Kinderteater @ Die Centurion Teater)

https://www.quicket.co.za/events/262700-sonja-heroldt-tjokker-kinderteater-die-centurion-teater/

When:

Where: 🕳 Centurion Teater

How much:

🆓 Quicket

🎟️ R130.00Quicket

SONJA & TJOKKER KINDERTEATER

Sonja Herholdt en haar beste honne pêl Tjokker, besoek op 28 Junie 2024 die Centurion Teater met ‘n kinderteaterproduksie vir voorskool en laerskoolkinders. Hierdie 60 min program word in Afrikaans aangebied met ‘n paar Engelse liedjies. Die inhoud is interaktief en nooi die gehoor om deel te neem aan al die pret en aksie.

Hierdie produksie het primêr ‘n vermaaklikheidsdoel met ouderdoms gepaste musiek en saam doen-of-dans items, maar leer ook basiese lewensvaardigheidslesse op ‘n prettige manier.

Kinderteater bevorder die kind se vermoë om verbeelding te gebruik wat help met kognitiewe, kreatiewe en sosiale ontwikkeling.Kom deel in al die honnewalisse van hierdie heerlike opbouende uur wat byval sal vind by jonk en oud.