Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎭 Demi Lee Moore Akoesties

Demi Lee Moore Akoesties

When:

Where: 🏛️ Atterbury Theatre

How much:

🎟️ R280Seatme

Demi Lee Moore is een van ons land se mees talentvolle kunstenaars en met ‘n akoestiese vertoning kom sy behoorlik tot haar reg. Met ‘n onlangse string suksesvolle akoestiese konserte in die Kaap, wat die Kapenaars in ekstase gehad het, het Demi Lee Moore besluit om die vertoning ook na Pretorianers te bring. Hierdie is ‘n konsert waar jy vir Demi Lee Moore gaan sien soos nog nooit tevore nie, dieper leer ken met die stories wat sy vertel en die liedjies wat sy gaan sing. Alhoewel die konsert akoesties is gaan dit nie van die energie ontneem nie, siende dat die hele Demi Lee Moore orkes deel van die konsert is.  Hierdie is een wat jy nie kan misloop nie.