J o e   B l o g

Johannesburg Events Weblog

What: Lizz Meiring: Van die Rak Af (Uitgawe 2) - Splinternuwe Stories, Karakters en Sketse !

When:

Lizz Meiring: Van die Rak Af (Uitgawe 2) - Splinternuwe Stories, Karakters en Sketse !

Description

VAN DIE RAK AF: UITGAWE 2Met splintetnuwe karakters , stories en sketse . 
Na die weghol sukses van Van die Rak Af Uitgawe 1, bring Lizz Meiring nou VAN DIE RAK AF UITGAWE 2. 
“ The Human Library “ is ‘n wêreldwye konsep wat ‘n paar jaar gelede in Skandinawië ontstaan het . Die konsep is op humanitêre beginsels gebaseer - met die doel om andere beter te verstaan. Soos die ou spreekwoord lui “ Onbekend is onbemind “ Oftewel - ons vrees en veroordeel diegene wie ons nie verstaan nie. Die praktiese toepassing is eenvoudig - in plaas van ‘n boek uitneem , neem jy ‘n mens uit . Die persoon ( dikwels ‘n kontroversiële of gemarginaliseerde persoon) vertel jou as toehoorder - sy of haar storie. Eerlik , kaalvuis. 
In die produksie “ Van die rak af” - ontmoet ons sulke individue. Werklik, histories, fiktief , mitologies. Komies, tragies, satiries, tragi- komies . Elkeen van die karakters verbeeld en vertel hul unieke storie. Maar daar is ‘n interaktiewe element : Voor die aanvang van die vertoning , ontvang die gehoor ‘n “ stembriefie” met kriptiese leidrade. Dan kies die gehoor self watter “ mense “ hul wil uitneem vir dié spesifieke opvoering . 
Logistieke : Tydsduur : 60 minute geen pouse Genre : Toneel - Tragi - Komedie Taal : Afrikaans Gradering : Enkele kru taal geen onder 14 
Teks : Lizz Meiring Speler : Lizz Meiring Regie : Lizz Meiring met insae van ander buite oë. Klank & Beligting : Jak J Brits Verhoogbestuur : Yvette Hanekom Produksiebestuur : Yvette Hanekom Produksiehuis : Artist Warehouse Plakkaat ontwerp : Jak J Brits Kostuum tekstiel ontwerp en druk - FABART Kostuums : Hollywood Costumes - Heidi Bothma du Toit Stelontwerp : GeselskapAgterdoek ontwerp : Fanus van Deventer Fotografie : Maryna Cotton Kunswerke : ( Beelde ) Veronika Olivier Art 

Who:

Where:

123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157 , Gauteng

How much: