Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎭 Elzabé Zietsman - Routrip

Elzabé Zietsman - Routrip

When:

Where: 🏛️ Atterbury Theatre

How much:

🎟️ R220Seatme

MET Elzabé Zietsman. TEKS Johann Slabbert. REGIE Maralin Vanrenen. MUSIEK Coenie de Villiers. VERVAARDIGER Drama Drama. Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor, ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en, op die oog af, sorgeloos. Routrip is gebaseer op ’n ware verhaal en was benoem vir ’n Woordtrofee vir beste prestasie in ’n soloproduksie by die Toyota US Woordfees in 2023. Ontwikkeling moontlik gemaak deur die Toyota US Woordfees en NATi.