Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎭 Jak de Priester - Hartkamer

Jak de Priester - Hartkamer

When:

Where: 🏛️ Atterbury Theatre

How much:

🎟️ R230Seatme

MET Jak de Priester. MUSIEKREGIE EN VERVAARDIGER – Jak de Priester.  Jak de Priester stel ná vier jaar ’n nuwe album, getiteld Hartkamer, bekend. Onder sy woonhuis in Somerset-Wes het hy sy studio omskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laatnag-gigs vir ’n gehoor van 20 mense aanbied. Vandaar die titel: Hartkamer. Hy stel sy nuwe album by die KKNK bekend en sing nuwe musiek, waaronder “Klein Saterdag”, “Hartenbos”, “Dit is lekker om te weet”, “In Somerset-Wes”, “Die trein”, “Kaalvoet Mona Lisa”, “Nothing Much to Lose” en vele meer.