Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎭 Johan Liebenberg en Mauritz Lotz - live at Atterbury Theatre

Johan Liebenberg en Mauritz Lotz - live at Atterbury Theatre

When:

Where: 🏛️ Atterbury Theatre

How much:

🎟️ R250Seatme

ʼn Vertoning aangebied deur Johan Liebenberg , bekend vir sy puik vertolking van die legende, Neil Diamond en die kitaar virtuoos Mauritz Lotz, bekend vir sy ongelooflike kitaarspel.  Saam gaan hulle ʼn onvergeetlike aand aanbied waar elkeen sy sterkpunte gaan ten toon stel.  Johan gaan van sy gunstelinge sing soos Cry to me, Bird on a wire, Sometimes we cry, Stuck on you, Like a rock, I’ve been this way before en ʼn paar van sy eie liedere soos, Die Gebed ek wil jou by my hê en so een of twee Afrikaanse bekendes. Mauritz gaan die weergawes verwerk om hoendervleis mooi te maak vir elkeen wat daar gaan wees. Daar gaan een of twee instrumentele solo’s op sy kitaar wees wat jou asem gaan wegslaan.  Wees wel gewaarsku, daar is geen “backtracks” nie. Kom geniet musiek wat die hartsnare gaan roer met Sean Butler op klavier.