Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 Sonop Nagmark

Sonop Nagmark

https://www.quicket.co.za/events/260854-sonop-nagmark/

When:

Who: 🎤 Rooksein

Where: 🕳 Sonop Christelike Tehuis

How much:

🎟️ R65.00Quicket

🎟️ R85.00Quicket

Sonop Nagmark 2024 is op ons!

Sluit op 31 Mei 2024 by ons aan vir ’n aand vol musiek, goeie geselskap, ’n wye verskeidenheid van stalletjies en ’n unieke belewenis van Pretoria se interessantste manskoshuis.

Ons het uitstallers wat alles van heerlike kos, tuisgemaakte tierlantyntjies, ’n ding of twee om die dors te les tot leerprodukte en vele meer verkoop. Daar is iets vir die hele gesin by Nagmark, so bring die kleinspan, die wederhelfte, jou skoonma of sommer net jouself.

Wanneer jy genoeg met Skoonma gesels het, bied ons ook ’n fantastiese versameling van musiek. 506, ONS, Rooksein en Bernice West is gereed om jou te vermaak.

Nagmark bied ook vir almal wat kom die geleentheid om ’n agter-die-skerms blik op Sonop Christelike Tehuis te kry. Voornemende eerstejaars en hulle families is meer as welkom om te kom kyk hoe die lewe as ’n Sonopper lyk.

Nagmark 2024: Mark, Musiek, Mense en meer.

Sonop Nagmark 2024 is upon us!

Join us on the 31st of May for a night filled with live music, great company, a wide array of vendors and a unique experience of one of the most interesting places you are likely to see.

Browse our collection of exhibits which has you covered with fabulous food, handmade curiosities, something to soothe a parched throat, luxurious leather goods and much more. We have something for the whole family at Nagmark, so bring the young ones, your significant other, just yourself or even your Mother-in-law.

Speaking of, once you have exhausted your small talk reserves, sit back and enjoy our line-up of live music. 506, ONS, Rooksein and Bernice West will be gracing the stage.

Nagmark also provides all attending with the opportunity to experience a behind-the-scenes look at Sonop Christelike Tehuis. Aspiring first years and their families are more than welcome to come and experience what the life as a Sonopper looks like.

Nagmark 2024 - Market, Music and more!