Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎭 Sonja & Tjokker - Die Tandepasta

Sonja & Tjokker - Die Tandepasta

When:

Where: 🏛️ Atterbury Theatre

How much:

🎟️ R150Seatme

Sonja Herholdt en haar beste honnepêl Tjokker besoek op 26 September gedurende die skoolvakansie weer die Atterbury Teater in Pretoria met ‘n kinderteaterproduksie vir voorskool en laerskoolkinders. Tydens hierdie produksie is Tjokker baie bekommerd oor hoe diere tande borsel. Hy het veral ‘n delemma wanneer dit by olifante kom want hulle het mos sulke groot tande. Kan daar ooit in die hele wêreld genoeg tandepasta wees vir al die olifante? Ons nooi jonk en oud om te kom deel in die wonderlike wêreld van verbeelding met hierdie prettige aksiebelaaide saamdoen program. Kom kyk gerus of Tjokker ‘n antwoord kry vir sy penarie.