Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 📅 Neil Sandilands & Die Band, "Land & Sand Live" at Sowaar Bar

Neil Sandilands & Die Band, "Land & Sand Live" at Sowaar Bar

https://www.quicket.co.za/events/260932-neil-sandilands-die-band-land-sand-live-at-sowaar-bar/

When:

Where: 🕳 Sowaar Bar

How much:

🎟️ R200.00Quicket

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands, het bevestig dat hy en syorkes (Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen) hierdie winter, 2024, wéér ’n landswye toersal onderneem.

“Verlede jaar se toer in Julie, toe ons van die Kaap tot Limpopo getoer en voor gehore in die uithoekeopgetree het, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands, veteraan akteurvan onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet Tooth, The Flash, The 100, asook plaaslikereekse soos Die Groot Niks, Desert Rose & Sewende Laan. Hierdie winter gaan hy en sy orkes dit selfsmeer omvattend doen en letterlik vir 40 dae & 40 nagte die land plat toer.

“Hoekom nie? Miskien is dit een of ander vreemde rekord. Ek is lief vir hierdie land en haar mense enraak baie optimisties-opgewonde oor hierdie eerstehandse avonture op die pad. Ons deel gedagtes,organisseer self en dit bly my ’n voorreg om in hierdie soetste taal te kan werk skep”, voeg hy by.

Die musikale werke in aanbod, kom vanuit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & JouPa se Posse, Allegaarkie vir ’n Askeet, Die Groot 5, Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooitopgeneem is nie. “Dit sal die eerste keer wees wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n albumverskyn. Dis baie opwindend!”

Die volledige toerskedule en kaartjieverkope sal vroeg in Mei 2024 vir die publiek toeganklik wees.“Tydens verlede winter se toer was dit vir my opmerklik dat mense aangegryp was deur die avonture vandie toer self en dat dit momentum verleen het. “Word of Mouth” is ’n goeie ding. Dis die lekkerste dingwat jy vir jouself hierdie winter kan doen. Bederf jouself tydens ’n aand van Neil Sandilands & Die Banddan gesels ons Land & Sand!”, lag hy. Vandaar ook die titel van ons toer.

Sandilands maak ook binnekort sy verskyning as Koro in Disney se nuutste filmiese aflewering Kingdomof the Planet of the Apes, wat op 10 Mei wêreldwyd bekendgestel word.