Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 📅 ATKV-Tjokkertoneel Gauteng-streeksfees

ATKV-Tjokkertoneel Gauteng-streeksfees

https://www.quicket.co.za/events/326235-atkv-tjokkertoneel-gauteng-streeksfees/

When:

Where: 🕳 UNISA Little Theatre

How much:

🎟️ R75.00Quicket

WEES MAGNETIES IN GAUTENG

Belê in die toekoms van teater deur die jong tjokkertalent in Suid-Afrika te ondersteun by die UNISA Little Theatre in Pretoria vanaf 22 tot 26 Julie 2025.

Lees die program hier vir meer besonderhede.Die program is onderhewig aan veranderinge.

Die program begin elke aand om 16:30. Die streeksfeeswenners word na die laaste optrede op 26 Julie aangewys.

Meer oor ATKV-Tjokkertoneel:

Die doel van die ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.

Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid- Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.