What: 🎵 Die beste band in die wêreld ... ooit, ek sweer! – nou toer ons!

https://tickets.tixsa.co.za/event/die-beste-band-in-die-w-reld-ooit-ek-sweer-nou-toer-ons-
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R295.00Grondvloer Middel
Dit het op die Weskus begin. In Jacobsbaai, om presies te wees. Waar die
branders nooit moeg word nie.
Rikus de Beer, ook bekend as Jonathan van Radio Raps, besef sy hiaat staan
einde se kant toe. Rikus vier sy 40ste verjaarsdag in Januarie 2025 en besluit
hy gaan ’n band begin – hy gaan leef, hy gaan musiek maak.
Die beste band in die wêreld – ooit! word ingelyf.
Ryno Velvet, wat sedert 2006 skouers in die musiekbedryf skuur met liedjies
soos “Ai, my lam”, “Kaap”, “Volkswagen-bussie” en “Aande” het die roepstem
geantwoord om met Rikus De Beer en Regardt Scheepers kragte saam te snoer.
Menige oorspronklike liedjie uit Rikus en Ryno se penne gee kleur aan
Afrikaans, koester ons mense en herinner ons daaraan om soveel as moontlik
hardop te lag.
“Nou dat ons ’n band is, moet ons toer …” skerts Rikus – en daarmee bedoel
hy tóér!
Die mans beplan om hul konsert regoor die wêreld na Suid-Afrikaners te vat en
die opgewondenheid loop behoorlik oor. Dus kan gehore van heinde en verre hul
vere reg skud vir ’n vertoning deur sowel De Beer as Velvet, soos nog nooit
van te vore gesien of gehoor nie.