What: 🎵 Die Rottevanger van Hamelin

https://tickets.tixsa.co.za/event/die-rottevanger-van-hamelin
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R150.00Grondvloer Middel
Die Riverside Theatre Company, bekend vir produksies soos Skoonlief en die
Ondier, Die prinses en die ertjie, Hansie en Grietjie en Repelsteeltjie, is
terug met ’n splinternuwe produksie! Die Rottevanger van Hamelin! “Ag! Nie nog
’n rot nie”. “Hulle byt my tone” “O gonna Piet! Neeeeeeee!” ’n
Kinderteateravontuur vol pret en plesier! Kom beleef ’n wonderlike vertelling
met interaktiewe toneelspel waar die kinders self deel kan wees van die
storie. Met snaakse karakters, vrolike musiek en opwindende verassings, is
hierdie produksie perfek vir die hele gesin.
Lag saam met die spelers en help om die raaisel van Hamelin op te los! Moenie
dit misloop nie – ’n kans om jou kinders se verbeelding te laat leef.