Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 📅 Babalela

Babalela

https://tickets.tixsa.co.za/event/babalela

When:

Where: 🕳 AfriForum Teater

How much:

🎟️ R200.00Grondvloer Middel

In die nuutste Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op ’n dag ’n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom ’n reusestootskraper. Soos ’n kwaai bul loop die stootskraper ’n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral lê daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het.
As die Babalela en sy maats, Wrrrumpie, Meermoskat, Potifant, Knortand en die agt Fripperwakkies, nie vinnig ’n plan maak nie, gaan daar niks van hulle geliefde bos oorbly nie!
Nog ’n heerlike Babalela-avontuur – met ’n belangrike boodskap oor natuurbewaring en die krag van vriende wat saamspan!