What: 📅 Operasie Gwarri: Twee operateurs in die Doodsakker
https://tickets.tixsa.co.za/event/operasie-gwarri-twee-operateurs-in-die-doodsakker
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R160.00Grondvloer Middel
Augustus 1987 ontplooi ’n klein span in die suidweste van Angola om ’n
verkenning op ’n SWAPO-basis uit te voer. Stafsersant Justin Vermaak en
sersant Johnny de Gouveia se posisie raak bekend aan die vyand waarop ’n
vuurgeveg uitbreek. Die twee operateurs veg teen ’n oormag met beperkte
ammunisie en moes noodgedwonge met ’n ontsnap-en-ontwykingsplan begin.
Johnny de Gouveia word in die elmboog en enkel gewond in ’n opvolggeveg terwyl
Justin Vermaak aan erge hitte-uitputting begin ly. Teen laaste lig lyk hulle
situasie hopeloos, die SWAPO-patrollie begin met ’n omsingeling en Johnny haal
sy laaste twee rondtes uit en oorhandig een aan Justin …
Kom luister na Justin Vermaak en Doibie Coetzee se eerstehandse vertelling van
die merkwaardige ontsnapping.