What: 📅 My Boetie se Sussie se Ou

https://tickets.tixsa.co.za/event/my-boetie-se-sussie-se-ou-
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R265.00Grondvloer Middel
Deur Ray CooneyVertaling: Pierre van PletzenRegisseur en vervaardiger: Frans
SwartMet Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Marissa Claasen, Danielle
Britz, Stefan Lotter, Nikita Meyer en Nico Loubser as Dêda
As jy dink jóú lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ’n oomblik in die twee
skoene van John Smith, daardie taxibestuurder van My vrou se man se vrou met
twee vrouens, en nou ook twee gesinne! Dis reg: In My boetie se bussie se ou
is dit agtien jaar later en John hou steeds twee families in verskillende dele
van Londen aan, al twee dolgelukkig en salig onbewus van mekaar. Maar dan
ontmoet sy twee tieners – ’n dogter van die een gesin en ’n seun van die ander
– mekaar op sosiale media en besluit angstig om mekaar in persoon te ontmoet.
John se reeds gejaagde lewe versnel tot in hoogste rat en moet hy spook om
hulle uitmekaar te hou. My boetie se sussie se ou is die Afrikaanse verwerking
van Ray Cooney se Caught in the net, met regie deur Suid-Afrika se eie
klugkoning, Frans Swart.
In My boetie se sussie se ou ontmoet ons weer vir John Smith (Phillru van
Achterbergh), die Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou, Mary (Marissa
Claasen), in Highgate woon … en ook sy ander vrou, Barbara (Danielle Britz),
in Finchley – net vier minute uitmekaar. Vicky (Nikita Meyer), John en Mary se
dogter, en Gavin (Stefan Lotter), John en Barbara Smith se seun, ontmoet
mekaar in ’n internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet. Hoekom
nie? Hulle het dan soveel in gemeen, insluitend ’n taxibestuurderpa genaamd
John Leonard Smith … wat natuurlik dieselfde persoon is. Wanneer John
van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om
sy kinders uitmekaar te hou en sy dubbele lewe weg te steek vir sowel sy
kinders as sy twee vroue! John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardener
(Botha Enslin) aan om hulp, wat skreeusnaakse leuens, verwarrende identiteite
en geheimsinnige foonoproepe tot gevolg het. En wanneer Stanley se seniele pa,
Dêda (Nico Loubser), vir ’n vakansie opdaag, is die gort behoorlik gaar.