What: 📅 Marion Monroe, met Marion Holm

https://tickets.tixsa.co.za/event/marion-monroe-met-marion-holm
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R180.00Grondvloer Middel
In Marion Monroe kyk Holm bietjie na wat maak jou JY. Is dit jou naam? Maar
wat dan van mense wat hul name verander? Of is dit hoe jy lyk? Of word jy so
gebore? Of is dit hoe jou ouers jou geleer het? Maar as dit is hoe jou ouers
jou geleer het, waarom verskil kinders van dieselfde ouers dan so baie? Holm
vertel van lesse wat sy geleer het, onder andere by haar LO-onderwysers en in
stories oor oudword. Bly jy nog jy, al is jy 80? Ek meen: Hoe gaan Nataniël in
’n aftreeoord vaar?
Dit alles – en nog meer – in Marion Monroe.