Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🤣 Geagte Kampeerders, met Wynand van Vollenstee en Thiart Li

Geagte Kampeerders, met Wynand van Vollenstee en Thiart Li

https://tickets.tixsa.co.za/event/geagte-kampeerders-met-wynand-van-vollenstee-en-thiart-li

When:

Where: 🕳 AfriForum Teater

How much:

🎟️ R200.00Grondvloer Middel

“Geagte Kampeerders, as jy moeg word vir die lewe in die stad, vat net die Willewaters-pad – die bogemiddelde, sagte grondpad. Met ekstragroot staanplekke, welige wilgerbome en kabbelende waters. Hengelaarsparadys, behulpsame personeel, ekstra breedte supertube en mensgemaakte warmwaterbronne, met ’n uitputtende dagprogram vir oud en jonk …”
Dit was wat geadverteer was, maar as iets te goed klink om waar te wees …
In hierdie splinternuwe komedie is Wynand van Vollenstee te sien as Oom Frik, opsigter, eienaar en bestuurder van die Willewaters Kampeerterrein. Elke Desember staan hy slaggereed om die groot gros Transvalers te ontvang. Maar wanneer groot tragedie die kampterrein tref en mense forseer word om Moeder Natuur, afblaasmatrasse, neus-in-die-lug-bure, ongeskikte kinders, iemand se rondloperhond en die snobistiese chaletbewoners te leer ken, is die gort behoorlik gaar.
Kom lag lekker vir hierdie histeriese komedie en beleef al die tipiese kampkarakters wat altyd hul verskyning by enige kampterrein maak.