What: 📅 Frank Opperman – Reünie

https://tickets.tixsa.co.za/event/frank-opperman-re-nie
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R200.00Grondvloer Middel
Stel jou ’n skoolreünie voor waar elkeen ’n spreekbeurt voor die mikrofoon kry
en in ’n hanswors verander!
Dit is dieselfde skoolsaal, maar dit is 45 jaar later vir die
1980-matriekgroep. Ja, dit is tyd vir hul 40-jaarreünie, maar weens die Covid-
pandemie kan hulle dit eers vyf jaar later hou.
Die reünie word beleef deur die oë van Petrus Boshoff, wat as verteller
optree. Deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die
mikrofoon om hul sê te sê; party humoristies, ander ernstiger en besinnend. 45
jaar gelede het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste
keer gesamentlik konfronteer. Hoe leef hulle voortaan die skoolleuse
“Voortwaarts” uit?
“Maar basies gaan dit oor ’n klomp mense vir wie jy darem een keer in jou lewe
iets moet sê wat jou gepla het. Wat gaan jy sê as jy die geleentheid kry; as
jy met jou matriekmaats kan praat?” vertel Frank.
Dis verfrissend maar ook hartseer om na 45 jaar uiteindelik jou spreekbeurt te
kry – en dit op ‘n skoolreünie.
Met ’n koelboks, die hulp van ’n skoolbaadjie, ’n paar trefwoorde en ’n ander
stemtoon gee Frank gestalte aan 15 verskillende karakters op die verhoog.
Sommige sprekers is komies, ander ernstig, en die aand verloop nie sonder
onthullings nie en hulle word met die spoke van die verlede gekonfronteer.
Natuurlik sal daar lekker gelag word, maar daar is oomblikke dat hulle
doodstil is. En só ’n stilte het dikwels groot trefkrag en spreek boekdele.
Hopelik sal alles wat Frank op die verhoog sê werklik ingeneem en later herkou
word.
Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die
skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog, onder meer
met Die uwe, Pottie Potgieter, Rooikaart, Hond, Klaagliedere van dominee
Tienie Benade en Donkie. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk
Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.
Sit agteroor en ontspan: Jy is in goeie hande – Frank Opperman se hande!