What: 🎵 Musicula 25 jaar – Mens, masjien, musiek

https://tickets.tixsa.co.za/event/musicula-25-jaar-mens-masjien-musiek
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R225.00Grondvloer Middel
Wat maak ons mens? Is dit dat ons kan dink en kan gesels? Is dit dat ons kan
innoveer, kan bou en kan groei? Of is dit dat ons kan voel, met ons vingers,
en met ons harte?
’n Robot ontsnap uit ’n robotikaklas van ’n nabye hoerskool. Hy is op soek na
vryheid. Na lewe. Hy het gedink dat hy vryheid sal ervaar sodra hy by die
klaskamer uitgestap het, maar tog “voel” dit nie eg nie.
In ’n moderne wereld waar tegnologie sy tentakels, mikro-komponente en
nulle/ene in elke deel van die mensdom inwerk, is die robot besorg dat mense
dit wat hulle mens maak, gaan verloor. Dat mense van ’n een, na ’n nul, na ’n
geen gaan verander.
Is daar moontlik ’n kode, ’n wagwoord, of dalk ’n tipe sleutel, wat die ryke
wereld van menswees vir die robot kan ontsluit? Dan kan hy die mensdom
waarsku, sodat hulle nooit dit verloor wat hulle mens maak nie.
Die maatjies van Musicula het ’n spesiale boek, en weet van die sleutel wat
ons mens maak. Die boek bevat verskeie waarhede en elemente van musiek wat
integraal deel is van menswees, en op die ou end, ook van vryheid. En lewe.
Musicula vier hierdie jaar ons 25ste bestaansjaar! En vir 25 jaar lank leer
ons reeds vir ons jong musikante die geheim van die sleutel … die
musieksleutel.
Mens > Masjien - Musiek!