What: 📅 Stoute kabouter: Die “fake” Kersvader

https://tickets.tixsa.co.za/event/stoute-kabouter-die-fake-kersvader
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R150.00Grondvloer Middel
Ná die sukses van Die prinses & die ertjie, Hansie & Grietjie, Repelsteeltjie
en Die stoute kabouter en die vermiste geskenke, bring die Riverside Theatre
Company nou ’n splinternuwe Kersfees-avontuur: Stoute kabouter: Die “fake”
Kersvader!
Hou vas aan jou Kershoed, want dinge raak lawwer by die Noordpool! Die stoute
kabouter is terug – en dié keer is hy moeg vir al die harde werk. Hoekom al
die geskenke pak en speelgoed maak, terwyl Kersvader al die melk en koekies
kry? Dis mos nie reg nie, ek sal hulle wys! O my Kersklokkies, hier kom
moeilikheid! Met gesteelde klere, ’n vals baard en hope selfvertroue probeer
hy almal flous – maar as jy nie regtig weet hoe om Kersvader te wees nie, kan
dinge maklik skeefloop! Sal iemand die bedrog raaksien? En wat het van die
regte Kersvader geword?
’n Familieproduksie vir jonk en oud – waar die gehoor saam lag, sing en selfs
help om Kersfees te red!