What: 📅 S. le Roux Marais 130
https://tickets.tixsa.co.za/event/s-le-roux-marais-130
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R160.00Grondvloer Middel
Op 1 Februarie 2026 sou die komponis Stephanus le Roux Marais 130 jaar oud
gewees het. Marais is veral bekend as Afrikaanse kunsliedkomponis, hoewel sy
oeuvre veel verder gestrek het. Marais was ook die komponis van verskeie
kerkkoorstukke, ook ligter liedere wat in die Goue Gerf opgeneem is en selfs
’n orrel- en ’n klavierkomposisie. Daarbenewens het hy vir ’n aantal skole
hulle skoolliedere geskryf en ook ’n hele versameling slaapdeuntjies.
Reserveer solank 1 Februarie 2026 in jou dagboek, want van die voorste
sangers, kore en ensembles gaan in AfriForum Teater bymekaarkom om van sy
werke uit te voer.
Dit beloof om ’n luisterryke geleentheid te wees.