Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 Vrou, Vrouer, Vrouste

Vrou, Vrouer, Vrouste

https://tickets.tixsa.co.za/event/vrou-vrouer-vrouste

When:

Where: 🕳 AfriForum Teater

How much:

🎟️ R200.00Grondvloer Middel

Petronel Baard en Lidi de Waal bring ’n unieke en hartroerende produksie na die verhoog met Vrou, Vrouer, Vrouste, ’n kragtige en kunsryke kombinasie van woordkuns, musiek en lewenservaring. Die produksie balanseer humor en emosie, en neem die gehoor op ’n reis vol lag, trane, hoop en selfontdekking.
Volgens Lidi self is dit “’n snaakse, ‘sad’, hopelose, hoopvolle woord-, kuns- en musiekreis na jou vredevolle self.” Die twee kunstenaars bied nie net vermaak nie, maar ook diep sielsinhoud en menslike insig in ’n formaat wat eg en treffend is.
Vrou, Vrouer, Vrouste – kom ontborstrok en kom wees deel van hierdie viering van vrouwees, kreatiwiteit en menslikheid.
Lidi de Waal is ook benewens haar unieke en lieflike kunswerke bekend as ’n digitale inhoudskepper met etlike duisende volgelinge. Petronel Baard het ’n volle, nuwe album geskep vir Vrou, Vrouer, Vrouste van Lidi se digkuns en ander musiek uit haar pen, wat eksklusief te koop is by die vertonings.