What: 🎵 Onthou jy nog? Virginia Lee-huldeblyk, met Theonette Vogt en Yolandie
https://tickets.tixsa.co.za/event/onthou-jy-nog-virginia-lee-huldeblyk
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R150.00Grondvloer Middel
’n Elegante en hartroerende musiekervaring wat hulde bring aan een van Suid-
Afrika se mees geliefde stemme
Onder leiding van vervaardiger Lee Bruwer bring Theonette Vogt en Yolandie
Virginia Lee se grootste treffers in Afrikaans én Engels weer tot lewe.
Met ’n regteorkes, uitstekende agtergrondsangers, dansers van Danzwrx Dance
Studio en die Villieria Laerskool-koor onder leiding van Mariska Campbell as
gaskunstenaars, word gehore genooi na ’n toweraand van herinneringe, nostalgie
en tydlose musiek wat diep aan die hart raak.
Hierdie huldeblyk vier nie net Virginia Lee se musiek nie, maar ook die
emosies en herinneringe wat haar stem oor geslagte heen bly oproep.
‘n Vertoning wat jy altyd gaan onthou!
Vervaardigers:Yolandie / Theonette Vogt / Lee Bruwer
Konsep en Teks:Yolandie