What: 📅 Vlerksleep
https://tickets.tixsa.co.za/event/vlerksleep-lefra-produksies
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R230.00Grondvloer Middel
Volgens die verklarende woordeboek van die Afrikaanse taal beteken
“vlerksleep” om by ’n meisie aan te lê, soos wat mannetjiesvoëls – veral duiwe
– hulle vlerke sleep om die wyfies se aandag te trek!
In regisseur Frans Swart se nuwe produksie Vlerksleep deur Peter Quilter
ontmoet ons vir Anton (David James) en Louise (Elma Potgieter), beide in hul
laat vyftigs. Albei is ook onlangs geskei en nou in die proses om te begin kyk
na nuwe metgeselle deur op ’n aantal toe-oogafsprake te gaan. Vlerksleep volg
die twee se eskapades deur ’n reeks onverwagte, eksentrieke en wisselvallige
romantiese probeerslae waar absoluut niks volgens plan verloop nie!
Kom sleep vlerk saam met David James, Elma Potgieter, Richard van der
Westhuizen en Steffie le Roux.
Deur Peter Quilter | Vertaling en regie Frans SwartMet David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux