What: 🎵 ’n Skatkis uit ons musiekverlede
https://tickets.tixsa.co.za/event/n-skatkis-uit-ons-musiekverlede
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R230.00Grondvloer Middel
’n Skatkis uit ons musiekverlede is ’n ontroerende en nostalgiese musiekreis
waarin Stephanie Baartman haar stem en storie verbind met die klanke wat
generasies Suid-Afrikaners gevorm het.
Met Bryan Schimmel as pianis en musiekregisseur word hierdie produksie ’n
intieme maar kragtige huldeblyk aan die liedjies en veral die vroue wat ons
musieklandskap help vorm het. Deur ikoniese liedjies en humor word ’n musikale
“skatkis” oopgemaak, van Miriam Makeba se wêreldklanke tot Afrikaanse
gunstelinge van Laurika Rauch en Sonja Herholdt.
Die produksie vier die ryk, veelstemmige erfenis van Suid-Afrikaanse musiek –
’n skatkis nie van goud nie, maar van stories, emosie en onvergeetlike
melodieë.
Met Stephanie Baartman en Bryan Schimmel (klavier)Deur Stephanie Baartman en Bryan Schimmel | Regie Frans Swart