What: 🎵 Kiepieland Kleuterskool bied aan: Die dierekonsert
https://tickets.tixsa.co.za/event/kiepieland-kleuterskool-die-dierekonsert
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R200.00GALERY MIDDEL
🎟️ R250.00TOONBANK MIDDEL REGS
Die ark skud heen en weer. Die ark is nie sommer ’n klein ou skippie nie, daar
is baie diere op die ark, twee van elke soort. Die diere op die ark voel bang
maar Noag sê: “A nee a julle! Het julle vergeet?”
Dan breek die groot oomblik aan. Die ark gaan oop en die diere is verheug om
weer hulle pote op droë grond te sit. Almal wil fees vier en in ons
verbeelding is dit hoe die diere dit sou doen!
Elkeen op sy eie unieke manier beeld die Kiepielanders hierdie verhaal uit en
vier saam met die diere fees in Afrikaans. Afrikaans, ’n mooie taal, is
eregas. Ons dra verskeie jasse op die kattebasaar, ons koes vir die krokodil
en dinosourus terwyl die bobbejane die berg uitklim.
Om die Kiepieland-uitvoering ten volle te geniet, is die volgende riglyne
nodig:
Skakel jou ingeboude beheerknoppie af en programmeer die algroritme in jou
grysstof om ’n herberekende benadering in te neem. Die musiek is lewendig en
die atmosfeer is feestelik. Niks is perfek gesinchroniseerd nie en dit is
onvoorspelbaar en oorspronklik.
Dit bly elke jaar vir ons ’n besondere voorreg om ons geliefde Kiepies se
skoolkonsert op die planke te bring.