What: 📅 Ommitafel met Steffie le Roux en Mariette Galjaard
https://tickets.tixsa.co.za/event/ommitafel-steffie-le-roux-en-mariette-galjaard
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R180.00Grondvloer Middel
🎟️ R200.00TOONBANK LINKS
Ommitafel is ’n intieme reis waar stories opgevou word soos ’n ou tafeldoek
vol onthou. ’n Tafel is die hart van ’n huis – die plek waar brood gebreek
word, harte weer heg en stiltes soos stoom oor die disse hang. Ouers wat oud
word, kinders wat wegdryf, liefde wat verander en die ongelooflike manier
waarop ’n tafel steeds plek hou vir almal wat eens daar gesit het.
Kom sit ommitafel, hier waar stories nog warm is, herinneringe nog asemhaal en
waar jy dalk so tussen die bredie en die broosheid iets van jouself sal vind.
Hierdie produksie, wat reeds twee Kanna-benoemings agter sy naam het, het die
vermoë om emosies los te torring, onthou uit te rafel en die lewe vir ’n
oomblik oop te trek soos wat dinge was en ook geword het.