What: 📅 Afri-Indie Musiektoekennings 2026
https://tickets.tixsa.co.za/event/afri-indie-musiektoekennings-2026
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R250.00Grondvloer Middel
Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kunstenaartoekennings, beter bekend as die
Afri-Indie Musiektoekennings, word beskou as een van die vername
hoëprofielmusiektoekennings vir Suid-Afrika se onafhanklike kunstenaars.
Hierdie glansryke aand, aangebied in samewerking met kykNET se ontbytSAKE-
program en RugTeenRug MusiekFAMILIE, is jaarliks ’n onvergeetlike geleentheid.
Met top kunstenaars Jay Morgan, Wilmari Senekal, CheraLee, Cordelia en Armand
Joubert, terwyl twee TV-kameraspanne en invloedryke mediapersoonlikhede die
aand selfs nog verder gaan inkleur.
Trek jou mooiste aandrok of pak aan en kom skuur skouers met van die beste
kunstenaars wat deel is van die land se onafhanklike musiekbedryf.