What: 🎵 Koos Doep
https://tickets.tixsa.co.za/event/koos-doep-ekstra-vertoning
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R220.00Grondvloer Middel
“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê,
“maar los my uit… ek is ’n doodgewone ou.” Koos Doep, soos hy in die
volksmond bekendstaan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het. En tog, as
daar gepraat word van “Koos” dan weet bykans enige persoon na wie daar verwys
word – selfs 40 jaar ná sy dood – en is daar dadelik ’n klomp treffers wat by
’n mens opkom, waaronder Sprokie vir ’n stadskind, Kinders van die wind, Gebed
en As almal ver is. Dít is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid en sy
invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek. Wynand Strydom bring in samewerking
met Lefra Produksies hulde aan Koos du Plessis in die trefferproduksie Koos
Doep.
Met Wynand Strydom, Chanie Jonker (klavier) en Leon Gropp
Teks en regie Frans Swart