What: 🎵 Koos Doep
https://tickets.tixsa.co.za/event/koos-doep
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R220.00Grondvloer Middel
“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gese, “maar los my uit. Ek is ’n doodgewone ou.” Koos Doep, soos hy in die volksmond bekendstaan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het. En tog, as daar gepraat word van “Koos” dan weet bykans enige persoon na wie daar verwys word
- selfs 40 jaar na sy dood - en is daar dadelik ’n klomp treffers wat by ’n
mens opkom, waaronder Sprokie vir ’n stadskind, Kinders van die wind, Gebed en
As almal ver is.
Dit is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid en sy invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek. Wynand Strydom bring in samewerking met Lefra Produksies hulde aan Koos du Plessis in die trefferproduksie Koos Doep.
Met Wynand Strydom, Chanie Jonker (klavier) en Leon GroppTeks en regie Frans Swart