What: 📅 Recce-storieaand, met dr. Wouter Basson – Projek Coast
https://tickets.tixsa.co.za/event/recce-storieaand-dr-wouter-basson-projek-coast
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R180.00Grondvloer Middel
In die vroeë 80’s stig kommandant Wouter Basson 7 Med as die SAW se mediese
eenheid vir spesiale magte en word hy daarna deur die destydse regering die
taak opgelê om ’n defensiewe chemiese en biologiese vermoë vir die SAW te
ontwikkel.
Vanweë die land se isolasie moes dr. Basson ’n spioenasienetwerk ontwikkel om
Westerse en kommunistiese lande te infiltreer. Onder sy leiding is hoogs
geheime navorsingslaboratoriums gestig en ontwikkel. ’n Wêreldklas- defensiewe
vermoë is binne die bestek van ’n paar jaar gevestig.
In die 90’s verander die politieke landskap en vorige opdraggewers en
medewerkers sou op onverklaarbare en met buitengewone venyn teen dr. Basson en
Projek Coast draai. Alle howe sou einde ten laaste dr. Basson en Projek Coast
van enige blaam onthef.
Kom luister na dr. Basson se persoonlike weergawe van Projek Coast.