What: 📅 De Goede Hoop bied aan: Die Reünie
https://tickets.tixsa.co.za/event/de-goede-hoop-die-reunie
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R150.00Grondvloer Middel
Stem oor luidsprekers:
Dames en here … en almal deesdae tussenin … sit terug, haal asem … en
maak reg vir iets wat julle nie gou gaan vergeet nie.
Verwelkom asseblief met ’n warm, entoesiastiese applous … julle aanbieder
vir vanaand … Albertus Vogel!
(Moerse applous. Albertus stap op in ’n oordrewe, belaglike gekleurde pak en
gedra homself soos ’n beroemde persoon.)
Albertus:Ag nee wat … julle bederf my nou. Ek voel sommer weer jonk. Of sou
ek liewer sê … jonger.
(Kyk rond in gehoor.)
Ek herken ’n paar van julle … van julle lyk bekend … maar julle gesigte is
nou so ’n bietjie … opgedateer.