What: 📅 Het van Verlangekraal
https://tickets.tixsa.co.za/event/het-van-verlangekraal
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R230.00Grondvloer Middel
Het Heiberg, die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy het dit
gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolstelsel wat geen rebelsheid
of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het tussen haar en die
verderflike skoolhoof, meneer Erlank, gestaan. Hierdie geliefde en diep
menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak.
Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit
vertel bowenal hoe sy oorleef het.
Leon van Nierop (na die verhaal van Johann Bekker) se Het van Verlangekraal
gaan verhoog toe, met Frans Swart wat die regie behartig.
Met Ana van Achterbergh, Etienne du Plessis, Henco J., Nico Loubser, Nikita Meyer, Ulrich Slabbert en Zanje BodensteinVir die verhoog verwerk deur Leon van Nierop | Na die verhaal van Johann Bekker | Regie Frans Swart