Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 📅 Solidariteit Helpende Hand se LIG-konsert

Solidariteit Helpende Hand se LIG-konsert

https://tickets.tixsa.co.za/event/solidariteit-helpende-hand-se-lig-konsert

When:

Where: 🕳 AfriForum Teater

How much:

🎟️ R150.00Grondvloer Middel

Solidariteit Helpende Hand hou hierdie jaar vir die sesde keer ’n konsert ten bate van persone met gestremdhede. Die LIG-konsert (Liefde in Gestremdheid) vind vanjaar op 24 Oktober by AfriForum Teater plaas.
Hierdie konsert saai hoop. Dit is ’n simboliese tree van hoop wat persone met gestremdhede gee, terwyl hulle hardop sê: “As ek kan, kan jy ook!” Daar is Liefde in Gestremdheid.
Die doel van die konsert is drieledig. Eerstens wil ons persone met gestremdhede help om hulle stem te laat hoor. Tweedens wil ons fondse insamel vir aksies en projekte wat werklik ’n volhoubare verskil kan maak in hulle lewens. En derdens wil ons fondse insamel vir die LIG-studiefonds sodat ons persone met gestremdhede die geleentheid kan gee om ook te gaan studeer.
Ons nooi jou graag uit: Kom woon die LIG-konsert by en raak deel van Liefde in Gestremdheid.
Neem kennis: 18:00 vir 18:30
Indien jy nie die vertoning kan bywoon nie maar steeds ’n bydrae wil maak, stuur ’n e-pos na sonica@helpendehand.co.za en ons sal jou skakel en vertel hoe jy ’n volhoubare verskil in hierdie gemeenskap kan maak.