What: 📅 My Boetie se Sussie se Ou
https://tickets.tixsa.co.za/event/my-boetie-se-sussie-se-ou
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R230.00Grondvloer Middel
As jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ‘n oomblik in John Smith
se skoene, daardie taxi-bestuurder van My Vrou se Man se Vrou met twee
vrouens, en nou ook twee gesinne! Dis reg, in My Boetie se Sussie se Ou lei
John steeds ’n perfekte dubbellewe. Sy twee gesinne woon in verskillende dele
van Londen, is dolgelukkig en, gelukkig vir John, salig onbewus van mekaar!
Dis nou totdat Vicky, sy dogter by Mary, en Gavin, sy seun by Barbara, mekaar
op die internet ontmoet. Hulle ontdek gou dat hulle heelwat in gemeen het –
selfs ’n pa met presies dieselfde naam: John Leonard Smith. En nou wil hulle
mekaar persoonlik ontmoet.
Vir John is dit die begin van ’n nagmerrie. Hy moet alles in sy vermoë doen om
die twee jongmense uitmekaar te hou voordat hulle die waarheid ontdek – en
terselfdertyd seker maak dat nóg sy twee vrouens nóg sy kinders sy jarelange
geheim uitvind!
Een pa. Twee vrouens. Twee gesinne. Twee tieners. En ’n geheim wat eenvoudig
net nie meer geheim wil bly nie.
Deur Ray CooneyVertaling Pierre van PletzenRegisseur en Vervaardiger Frans
SwartMet Phillru van Achterbergh en Botha Enslin, asook Marissa Claasen,
Danielle Britz, Stefan Lötter, Nikita Meyer en Nico Loubser as Dêda