What: 📅 Die vrouens in Langenhoven se lewe
https://tickets.tixsa.co.za/event/die-vrouens-in-langenhoven-se-lewe
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R200.00Grondvloer Middel
Die verhaal van die vrouens in Langenhoven se lewe, is ’n verhaal van ’n huis
vol liefde. Tog is dit ook die verhaal van die komplekse verhoudings,
uitdagings en opofferings wat agter geslote deure skuil. Elkeen het ’n
verlede, en ’n moeilike verlede skep soms ’n moeilike toekoms. Die liefde
verdra alles, maar hoe ver strek ’n mens se liefde en waar vind ons die krag
om alles te aanvaar en te dra.
Hierdie aangrypende toneelstuk neem die gehoor op ’n reis deur die lewe van
Vroutjie, Engela, Langenhoven en – in ’n mindere mate – die aantreklike Sarah.
Elke karakter weerspieël iets van onsself. Die verhaal raak daarom diep aan
die hart. Alhoewel Vroutjie die hoofkarakter is, verteenwoordig sy veel meer
as net die stem van Langenhoven se vrou – sy word op ’n manier so ’n bietjie
van ons almal.
Geniet ’n glasie sjerrie vanaf 18:00 in die foyer.
Kom geniet ’n kunsuitstalling in die voorportaal deur Yolandi-Mari, ’n
kunstenaar van Orania. Haar versameling handel oor die vele fasette van
vrouwees asook die vrou se innerlike krag en skoonheid.
Tema: “Verhale van vrouwees”