Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 Musicula bied aan: Die Water-wals

Musicula bied aan: Die Water-wals

https://tickets.tixsa.co.za/event/musicula-die-water-wals

When:

Where: 🕳 AfriForum Teater

How much:

🎟️ R240.00Grondvloer Middel

Somtyds is die lewe ’n reis en somtyds is die lewe ’n reisies. Tydens ons lewensreis, oor dekades, jare, maande, dae of ure, beweeg ons almal heeltyd van een plek na ’n ander. Hetsy ons van die huis tot by die skool, die kantoor, die vakansiebestemming of Kersfees moet uitkom, ons hunker altyd om weer tuis te kom. Daar waar dit veilig en vreedsaam is.
Kom klim op die Musicula skip, seil en reis saam met ons oor die oseane na die plekke waar daar waters van vrede is. Waar die voëltjies saam sing en die gras groen is. Sommige dae is die see kalm en dans die son op die golwe. Party dae is die golwe bietjie besig. Somtyds is die hemel donkerblou en toets die see se storms die seile van die skip en haar passasiers. Maar dan sien ons weer die buitelyne van die eiland. Waar die son weer skyn en die oseaan met die strande hande vat. Net soos ons ook mekaar se hande vat tydens ons lewensreis.
Kom luister hoe perkussie-instrumente, glockenspiels, blokfluite, xilofone en metallofone, ’n unieke musikale ensemble vorm om ouers, familielede en vriende weg te voer na die perfekte eiland van musiek: waar tyd bietjie stilstaan - en die reisies, ’n reis word.
Die seile is gespan. Spits julle ore vir die skeepshoring om te blaas. Ons verlaat die hawe voor sonsopkoms!
Spesiale begeleiding en musikale ondersteuning aan ons jong maats (5- tot 7-jariges) word gedoen deur uiters begaafde en briljante musici, direk ingevoer vanuit Pretoria, vir hierdie produksie!
Viool: Carmi ViljoenKlarinet: Lizet SmithFluit: Laetitia de LangeTjello: Martinus van RooyenKontrabas: Jurgens de LangeKlavier: Anneline BallFranse horing: Wilhelm GriebenowAkteur: Dihan KeunMusiekverwerkings: Esperance GroblerKonsepontwikkeling van tema: Magdaleen Lamey, Esperance Grobler en Pieter von Wielligh
Kinders onder 2 jaar oud kan gratis bywoon en is welkom om op ouer se skoot te sit.