What: 📅 Magda en haar Erhard, how Louw can you go?
https://tickets.tixsa.co.za/event/magda-en-haar-erhard-how-louw-can-you-go
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R240.00Grondvloer Middel
Magda en Erhard Louw besluit om die pad te vat en die verhoog te betree, so
naelkouend en mompelend soos net hulle kan.
Die tema van hulle teaterdebuut is die liefde, maar die liefde uit Magda en
Erhard se perspektief is effens anders as die liefde waarvan ons in boeke lees
of in films sien. In die teaterproduksie (of konsert soos Erhard dit noem)
sien ons hoe Magda en Erhard hulle bes probeer, maar dit sukkel. Is hulle reg
om op die feeste se verhoë te klim?
In ’n tipe “Noises off!”-formaat neem Erhard en Magda ons deur die proses
totdat hulle uiteindelik ook saam met die gehoor die waansinnigheid van die
liefde en die lewe aanspreek. Hulle gesels oor vergifnis, hoe om in die eg
verbind te bly sonder om in hegtenis geneem te word of daardie einste eg te
verbreek. Hulle gesels oor leënessindroom, volpenssindroom en al die ander
sindrome wat mens moet aanvaar soos die middeljare jou tref.
Dis ’n komiese stuk, maar ook met ’n dieper boodskap, dat ons uiteindelik maar
die pad met iemand wil stap, al irriteer hulle ons of dryf ons na drank. Daar
sal ook interaksie met die gehoor wees.
Vereenselwiging is die kern van hierdie toneelstuk en nadat soveel mense al
genoem het dat hulle met die twee karakters kan vereenselwig en sover gaan om
te sê dat hulle eintlik “Magda en Erhard is”, is dit ’n wonderlike geleentheid
om die wêrelde saam te bring in ’n teater of saal, waar almal saam kan lag,
saam kan huil en saam kan gesels oor die dinge wat ons almal uiteindelik gaan
beleef.
Oudword, of dit nou saam of alleen is, seerkry, of dit nou fisies of
emosioneel is, en die wit lig wat ons almal elke dag, elke oomblik, ’n bietjie
nader wink.
Topverkoper by die Vrystaat Kunstefees in 2025 Topverkoper by die Innibos
Kunstefees in 2026 Aardklop Kunstefees 2025 – 4 benoemings
Ouderdomsbeperking: Geen kinders onder die ouderdom van 13 jaar