What: 🎵 Agter elke man – die musiekblyspel
https://tickets.tixsa.co.za/event/agter-elke-man-die-musiekblyspel
When:
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R375.00Grondvloer Middel
🎟️ R400.00TOONBANK LINKS
’n Geliefde verhaal uit die goue era van Afrikaanse televisie kry nuwe lewe op
die verhoog.
Agter elke man – die musiekblyspel bring bekende karakters, humor en
verhoudings van die oorspronklike reeks na ’n nuwe generasie – met
oorspronklike musiek en ’n vars verhoogervaring.
Elandré vertolk die rol van Bruce Beyers, met Amanda Strydom as die
onvergeetlike Antie Stienie. Onder regie van Jannes Erasmus, met oorspronklike
musiek deur Johan Vorster en Jacomien de Wet, word dié geliefde Afrikaanse
storie in ’n kleurryke 80’s-wêreld opnuut vertel.
Die produksie is geskoei op die oorspronklike Agter elke man-televisiereeks en
-film en het ’n ouderdomsbeperking van 13 jaar weens volwasse temas,
insluitend tonele en verwysings na geweld, dwelms en alkoholgebruik.
Het jy enige navrae oor die produksie, kaartjies of jou besoek aan die teater?
Kontak die AfriForum Teater-span gerus by
E-pos: teater@afriforum.co.zaSkakel / WhatsApp: +27 66 420 6181
Of gesels sommer direk met ons op WhatsApp! Klik hier!