Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 DIE AFFIE-KONSERTREEKS

DIE AFFIE-KONSERTREEKS

https://www.quicket.co.za/events/316118-die-affie-konsertreeks/

When:

Where: 🕳 AHS Ben Schoeman Ouditorium

How much:

🎟️ R120.00Quicket

🎟️ R160.00Quicket

Die Musiekdepartement van die Afrikaanse Hoër Seunskool, trots ondersteun deur Fairtree, bied aan
DIE AFFIE-KONSERTREEKS

Afrikaanse Hoër Seunskool bied vanjaar ‘n klassieke musiekkonsertreeks aan wat iets vir elke smaak bied.

Vir ons tweede konsert in die reeks, tree Serendipity Strings as hoofkunstenaars op. Hierdie groep is in 2015 deur Mietze Dill gestig – om die kollig te plaas op die genre van kamermusiek en om gehore aan die betowering van hierdie intieme kunsvorm bloot te stel. Afgesien van hul doel om kamermusiek, wat grootliks oorskadu word deur die grootsheid en skouspelagtigheid van orkeste, sy regmatige plek op die verhoog te gee, hoop hul om deur hul musiek die menslikheid, verganklikheid, vreugdes en misterie van die lewe te vier en aan gehore te kommunikeer.

Kom en geniet ‘n ontdekkingsreis van ou meesters en vroulike baanbrekers met die gevierde Serendipity Strings. Die Affie-strykkwartet skop die konsert af deur weer lewe te gee aan onbekende klassieke juweel, die Allegro uit die Strykkwartet in C majeur (“Jagdquartett”) deur Joseph Martin Krauss (1756-1792). Serendipity Strings neem dan die leisels oor met die Strykkwartet in E Mineur deur Ethel Smyth (1858-1944). Smyth, wat beskou word as die doyenne en pionier van vroulike komposisie in fin-de-siécle Brittanje, se kwartet is ‘n fenomenale werk met ‘n sterk suffrajette-invloed en ‘n groot musikale omvang wat luisteraars sal verras, meesleur en inspireer. Die program word afgesluit met ‘n lieflike, soet lekkerny deur die vader van die strykkwartet, Franz Joseph Haydn (1732-1809) – die Strykkwartet in C majeur, Op. 33, No. 3.

Serendipity Strings: Carli D’Alebout (viool), Carmi Viljoen (viool), Friederike Scholtz (altviool) en Mietze Dill (tjello)

Affie-Strykkwartet: Martinus van Rooyen (viool), Alexander Coetzer-Kristensen (viool), Christian Gous (altviool) en Rieghardt Strauss (tjello)

Koffie, tee en water is gratis tydens pouse beskikbaar.

Affies is ook opgewonde oor die volgende drie konserte in die Affie- konsertreeks: 21 September Air Flair met o.a. Lizet Smith, Laetitia de Lange en Jaco van Staden 29 November Braam van Tonder en Jaco van Staden

Navrae: 012 344 3805 of arnold.cloete@affies.co.za