Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 Afrikaans 100

Afrikaans 100

https://www.quicket.co.za/events/311279-afrikaans-100/

When:

Where: 🕳 AHS Potgietersaal

How much:

🎟️ R100.00Quicket

Kom vier Afrikaans se 100ste jaar as amptelike taal saam met Affies.

Tussen 18:00 en 19:00 kan gaste weglê aan ‘n verskeidenheid Suid Afrikaanse lekkernye – sout en soet. Verder is daar drinkgoed om van te kies en te keur – ook wyn van bekende wynplase. Affie personeel sal die gaste vermaak met eg- Afrikaanse musiek en deur die loop van die kuier word die nuwe Affie-museum amptelik oopgestel.

Tussen 19:00 en 20:00 word daar ‘n program in die saal aangebied om Afrikaans se eerste eeu as amptelike taal te herdenk en om terug te kyk op die spoor wat die ontwikkeling van Afrikaans in Affies se geskiedenis gelaat het. Die program bestaan uit vertellings, voordrag, sang en musiek.