What: 📅 Zonkie en die laaste boomhuis
https://tickets.tixsa.co.za/event/zonkie-en-die-laaste-boomhuis
When:
Where: 🕳 B|Loved Klein Teater
How much:
🎟️ R100.00Algemene Toegang | Volwassene
🎟️ R50.00Algemene Toegang | Kinders
Zonkie en die laaste boomhuis.
Deur Cindy Swanepoel.
’n Pret-aand vir die HELE gesin - van oud tot jonk!
Wanneer die eens pragtige Stad van Groen in die Stad van Grys verander, plaas
’n jong meisie en haar vriende, Knetter (die eekhoring), Uilbertus (die uil)
en Madame Skadu (die straatkat) alles op die spel om ’n enkele saadjie aan die
groei te kry omdat hulle weer plante en suurstof in die stad wil terugkry. In
‘n tweede verhaal vertel La-dee-da (die hadeda) van ’n dapper voëltjie se vlug
ondanks al die gevare in die lug, en in ‘n derde verhaal vertel Knopie Satyn
(die spinnekop) van haar soektog na ‘n veilige plekkie in iemand se huis om
haar web te spin. Sal sy oorleef? Die verhale prikkel die lagspiere, die
verbeelding én die hartsnare terwyl fabelagtige handgemaakte karakters en
meesterlike poppespel die gehoor betower.
Vervaardiger: Swan Dive CollectiveRegisseur en Skrywer: Anèl WoodMusiek:
Lucinda BoschChoreografie: Cindy SwanepoelOntwerp: Imile
WepenerVerhoogbestuur: Zonika van Zyl
Vrydag, 31 Julie 2026.
B|Loved Klein Teater, Shere, Pretoria-Oos.
Aankoms - 19:00
Vertoning begin - 20:00
Kontantkroeg beskikbaar.
Kinders: R50.00
Volwassenes: R100.00
Met trots ondersteun deur:
ontbytSAKE
Ons Mense. Ons Besighede. Ons Trots.
pport@tixsa.co.za
WERKSURE
Kaartjieverkope Ondersteuning:
Maandag - Vrydag: 9vm - 5nmSaterdae: 10vm - 2nmSondae: 10vm - 1nmOpenbare
Vakansiedae: 10vm - 1nm