What: 🎵 BOBBY VAN JAARSWELD
When:
Where: 🎪 Barnyard Menlyn
How much:
🎟️ R250.00Barnyard
Bobby van Jaarsveld, gebore op 6 Maart 1987 in Pretoria, Suid-Afrika, het op die jong ouderdom van sewentien jaar oud die Afrikaanse musiekbedryf oorrompel met sy eerste album, “Duisend Ure”, wat in 2004 vrygestel is. Hierdie album het onmiddellik amok gemaak en Bobby se talent as ’n uiters talentvolle jong kunstenaar beklemtoon. Sy eerste groot deurbraak het gekom toe hy dieselfde jaar die toekenning vir Beste Nuweling by die Huisgenoot Tempo-toekennings ontvang het. Hierdie erkenning het die basis gelê vir wat voorspel is om een van Suid-Afrika se grootste musiekloopbane te wees.
Bykans 20 jaar later is Bobby van Jaarsveld inderdaad een van die land se grootste kunstenaars, wat met trots op ’n indrukwekkende musiekloopbaan kan terugkyk. Sy treffers, soos “Spieëltjie”, “Net Vir Jou”, “Kyk Waar is Ons Nou”, en"Net ’n Man", is net enkele van die liedjies wat daagliks op radiogolwe landswyd gespeel word. Hierdie liedjies het nie net sy gewildheid bevestig nie, maar het ook ’n blywende indruk gemaak op die musiekbedryf en die harte van sy aanhangers. Hy het ook al sy lyf akteur gehou op die silwerdoek in Liefling, Die Movie en As Jy Sing asook TV-reekse soos In Jou Skoene, Mense Mense, Die Kontrak en Spoorloos. Hy was ook ‘n beoordelaar op die Suid-Afrikaanse weergawe van The Voice. As hy nie op die verhoog is nie speel hy Pa vir sy drie kinders – Sion, Leben en Armani waar hul tans aan die Natalse kus woonsaam is.
Na ’n droogte van byna vyf jaar is Bobby terug in die kollig verskyn met nuwe vrystellings soos, “Toe, Nou en Altyd,” “Verlore Seun” en “Lief My Weer Lewendig.” Hierdie liedjie is ’n voorsmakie van nuwe musiek wat binnekort sal volg en bring ’n perfekte balans van nostalgie en nuwe energie. Dit beloof dat Bobbyaanhangers, oud en nuut, van vooraf ’n nuutgebore passie vir hom en sy musiek sal ontdek, veral na die gaping wat sy afwesigheid gelaat het.
Bobby van Jaarsveld se loopbaan is ’n getuienis van sy talent, deursettingsvermoë, en die diep emosionele verbinding wat hy met sy musiek kan skep. Met elke nuwe liedjie en optrede bevestig hy sy posisie as een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, en hy bly ’n inspirasie vir musiekliefhebbers regoor die land.