Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 📅 Die waarheid het nie n POKERFACE nie

Die waarheid het nie n POKERFACE nie

When:

Where: 🕳 Centurion Golf Estate

How much:

🎟️ R2750.00Howler

Die waarheid het nie ’n Pokerface nie – en jy kan dit leer sien.

Na die uitverkoopte sukses van I Can See You Lie , bring Marcus Coetzee en Lizette Volkwyn met trots die heel eerste Afrikaanse weergawe van hierdie baanbrekende werkswinkel.

Marcus is ’n spesialis in kognitiewe ondervraging en ’n veteraan in die opsporing van bedrog en sekuriteit, terwyl Lizette – een van slegs twee gesertifiseerde menslike leuenverklikkers in Suid-Afrika – wêreldwyd erken word vir haar werk in emosionele intelligensie en menslike gedrag. Saam bring hulle ’n unieke kombinasie van wetenskap, insig en praktiese vaardighede na die verhoog.

Hierdie werkswinkel is nie net vir ondersoekers of ondervraers nie. Dis vir enigiemand wat beter wil kommunikeer, mense se gedrag regtig wil verstaan, en met meer selfvertroue wil kommumikeer met die mense in hul wêreld — of jy nou lei, leef, liefhet of werk met mense.

🧠 Jy sal leer:

  • Hoe om subtiele waarheids- en leuen tekens raak te sien
  • Hoe om gedrag te interpreteer sonder om afleidings te maak
  • Hoe om sin te maak van wat mense regtig sê – en nie sê nie
  • En hoe om jou eie kommunikasie te slyp tot dit impak maak

🎭 Ná sy deelname het die gesoute resensent Leon van Nierop die volgende gesê:

" Die kursus het nie bloot gegaan oor hoe om leuens uit te ken nie, maar ook oor hoe om die waarheid te waardeer en hoe om die meeste uit die verskillende uitdagings van menseverhoudinge te kry – ook in ander loopbane buite ondersoekwerk.

****Ek kan dit met oorgawe aanbeveel. Die werkswinkel, aangebied deur die uiters energieke en spesialis op die vakgebied Lizette Volkwyn en Marcus Coetzee, was die hoogtepunt van ’n hele jaar. Baie geluk. Elke sent die moeite werd. “

As jy reg is om tussen die lyne te lees, hul ware bedoelinge te hoor sonder dat dit gesê word, en jouself toe te rus met vaardighede wat elke verhouding – persoonlik én professioneel – kan transformeer, dan is hierdie jou kans.

Want die waarheid het nie ’n POKERFACE nie… maar jy kan dit leer om dit te “Ace”

NOU VIR SLEGS R2 750-00 per persoon (gewoonlik R6 350 per persoon)