Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🤣 C-Storm (Carel Sebastiaan): Soos 'n Clown (Live @ Die Centurion Teater)

C-Storm (Carel Sebastiaan): Soos 'n Clown (Live @ Die Centurion Teater)

https://www.quicket.co.za/events/276696-c-storm-carel-sebastiaan-soos-n-clown-live-die-centurion-teater/

When:

Where: 🕳 Centurion Teater

How much:

🎟️ R220.00Quicket

SOOS ‘N CLOWN

Na sy reuse sukses met “Donkerkant van die Maan”, is C-Storm weer terug by Centurion Teater. So maak gereed om betower te word in sy nuwe vertoning, “Soos ’n Clown”, ’n reis deur lag en trane waar skerpsinnige komedie met die sielsvolle resonansie van kitaar en sang versoen word. Kom saam, waar C-Storm jou op ’n emosionele skoppelmaai sal neem na waar humor en deernis mekaar langs die pad ontmoet op ’n manier, wat net hy kan.

Of jy nou op soek is na ’n aand van lag, introspeksie, emosies of net ’n unieke vermaaklikheidservaring, beloof “Soos ’n Clown” om jou te raak, te vermaak en heeltemal tevrede te laat. Kom om te lag, te huil, ‘n ervaring waar elke akkoord en elke grap wat vertel word, jou sal vra vir meer. Dit is nie net ’n vertoning nie, dit is ’n onvergeetlike emosionele reis.