Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🤣 Die Van Vuurens vat Vlam (Toneel @ Die Centurion Teater)

Die Van Vuurens vat Vlam (Toneel @ Die Centurion Teater)

https://www.quicket.co.za/events/261263-die-van-vuurens-vat-vlam-toneel-die-centurion-teater/

When:

Where: 🕳 Centurion Teater

How much:

🎟️ R200.00Quicket

Met Lizz Meiring, Cara Meiring en David Kuduntwane!

Na ‘n weghol sukses debuut by KKNK 2024, met lag-uit-jou-maag oomblikke en staande ovasies, speel Die Van Vuurens vat Vlam vir die eerste keer in Gauteng.

Sterna van Vuuren het lank oorsee gewerk. Haar broerskind, die jong wetenskap student, Bernadette van Vuuren, bly intussen in haar townhouse, gratis. Sterna van Vuuren daag onverwags op. Die Tante en-niggie-verhouding is maar plofbaar. Daar is ’n kinkel in die kabel, of is dit nou ’n fungi in ‘n bottle..?.? Want nou bly Bernadette se komiese mimiek kunstenaar boyfriend, Flippie van Vuuren, ook daar. Intussen het Bernadette en Flippie Sterna se townhouse in ‘n eienaardige spasie verander. Want diè twee het unieke toekomsdrome.

Diè rare donker komedie is ‘n vrolike en dikwels laserskerp verhaal van verskillende generasies se standpunte, foute en ambisies. Dis slimsnaaks oorspronklik en verrassend. Gaan die Van Vuurens se vreemde familiekwaal die vuur aanblaas?

Vervaardiger : Artist Warehouse Regie : Andre Odendaal Teks : Lizz Meiring Met
Lizz Meiring Cara Meiring David Kuduntwane Verhoogbestuur en klankontwerp: Yvette Hanekom Beligtingsontwerp: Jak J Brits Kostuums: Hollywood Costumes Fungi: Waldo du Toit Choreografie: Wesley Lauder Komiese Mimiek sekwens Choreografie: Craig Morris Akrobatiese hulp: Ceylonia Bekker