What: 🎵 INGRID: 'n Vlam in die Sneeu (Toneel @ Die Centurion Teater)

https://www.quicket.co.za/events/300255-ingrid-n-vlam-in-die-sneeu-toneel-die-centurion-teater/
When:
Where: 🕳 Centurion Teater
How much:
🎟️ R250.00Quicket
“Bitterbessie Dagbreek, Bitterbessie Son…’n Spieël het gebreek tussen my en hom.”
Ingrid Jonker se woorde brand soos ’n vlam in die koue sneeu van haar tyd—onblusbaar, ongetem, en vol lewe. ’n Vlam in die Sneeu neem jou op ’n reis deur die geheime en ongesensuurde liefdesbriewe van Ingrid en André P. Brink, en weef hul passie, verlange, en hartseer saam met Ingrid se onsterflike poësie.Hierdie musiek- en toneelproduksie is ’n viering van Ingrid se hart en gees—’n vrou wie se woorde die wêreld getroos het (en steeds doen), selfs al het haar eie hart gebreek. In haar reis het sy ook haar eie donkerte in die gesig gestaar—die stryd teen depressie (nes haar ma), wat haar lewe gekompliseer het maar haar kuns verryk het.
Oorspronklike nuwe musiek omhels haar bekende gedigte uit die digbundel Rook en Oker, sodat elke lied ’n briesie word wat deur jou siel beweeg. Kom beleef haar soeke na liefde, haar stryd na ontvlugting, en die roekelose hoop wat haar vlam helder laat brand het in die koudste van dae.
Ingrid – ’n Vlam in die Sneeu is ’n herinnering dat woorde en liefde selfs in die kaalste landskappe kan oorleef. Hierdie produksie, deurweef met musiek en poësie, sal jou hart aanraak en jou siel verwarm.
Creative Team / Cast:Met Lizelle Pike as Ingrid JonkerRegie: Nadia BeukesTeks en Nuwe Toonsettings: Jak J BritsMusiekregisseur en Pianis: Chanie JonkerVervaardigers: Tiaan Kirsten-Lubbe & Lian SachseGebasseer op: Vlam in die Sneeu: Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink
Met sy intieme formaat is hierdie teaterstuk ’n ode aan Ingrid Jonker en haar nalatenskap, asook ’n kans om die dieper storie na gehore te bring. Ná die Centurion-vertonings vertrek die produksie in Mei 2025 na Kaapstad op toer.