Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 Jan en die Boontjierank - 'n Mini-Pantomime (Kinderteater @ Die Centurion Teater)

Jan en die Boontjierank - 'n Mini-Pantomime (Kinderteater @ Die Centurion Teater)

https://www.quicket.co.za/events/317684-jan-en-die-boontjierank-n-mini-pantomime-kinderteater-die-centurion-teater/

When:

Where: 🕳 Centurion Teater

How much:

🆓 Quicket

🎟️ R110.00Quicket

’n Jan maak altyd ’n plan – en hy’s terug vir nog ’n reuse avontuur!

Na UITVERKOOPTE vertonings vroeër vanjaar is hierdie geliefde kinderteaterproduksie terug vir ’n tweede keer in die Julie (Winter) vakansie!Scenario Productions, in samewerking met Die Centurion Teater, bied weer hierdie mini-pantomime vol lawwe lag, groot pret en ’n onvergeetlike storie aan wat oud en jonk gaan betower! Volg Jan soos sy stout streke hom reguit in die sop van ’n reus se pot laat beland, en ontdek hoe drie towerbone ’n hele nuwe wêreld oopmaak – een vol verrassings en lewenslesse.

SLEGS TWEE VERTONINGS! Moenie dit misloop nie!

Met musiek, humor en interaktiewe tonele is hierdie produksie ’n perfekte gesinsuitstappie vir die winter. Jan en die Boontjierank bring klassieke storievertelling tot lewe in ’n energieke teaterervaring wat die jonges betrek en ouer harte warm laat klop. Moenie hierdie kans mis om deel te wees van die avontuur nie!

Let asseblief daarop dat sitplekke nie bespreek is nie – die voorste rye stoele word verwyder sodat kinders op die vloer voor die verhoog kan sit en al die aksie van naby beleef! Grootmense kan gerus op die stoele agtertoe sit en die storie geniet.